Kontraktereg in Suid-Afrika, tweede uitgawe, beoog om kontrakteregsbeginsels en -praktyk op sodanige wyse te behandel dat dit 'n nougesette en boeiende inleiding tot hierdie regsgebied sal verskaf. Omdat dit geskryf is met die oog op die ontwikkeling van begrip en fundamentele akademiese vaardighede, is hierdie werk 'n handboek van onskatbare waarde vir studente wat die kontraktereg as deel van hul LLB-leergang moet bemeester.
Hierdie boek verskaf 'n uitvoerige verduideliking van die kontraktereg in kernagtige en toeganklike formaat, deur die gemeenregtelike, statutêre en grondwetlike komponente daarvan saam te snoer. Vanweë die praktiese en pedagogiese aanslag daarvan is die werk op toegepaste, kritiese en denkende studie, asook die kweek van
onafhanklike akademiese vaardighede toegespits.
Die tweede uitgawe van Kontraktereg in Suid-Afrika bevat 'n nuwe hoofstuk waarin die Verbruikerswet 68 van 2008 behandel word ten einde die invloed en belangrikheid daarva n binne die opset van die kontraktereg te verduidelik. Die tweede uitgawe is ook 'n nuttige bron vir sowel nagraadse kursusse, as vir regspraktisyns wat opheldering oor nuwe of fundamentele beginsels van hierdie regsgebied verlang.
Dale Hutchison is ’n advokaat van die Hoë Hof van Suid-Afrika en hoof van die interne navorsingseenheid van die prokureursfirma Edward Nathan Sonnenbergs Ing. Hy is ook ’n professor in die Departement Privaatreg aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy ’n dosent in die algemene beginsels van die kontraktereg en die reg insake sessie is.
Chris-James Pretorius is ’n professor in die Departement Privaatreg aan die Universiteit van Suid-Afrika waar hy ’n dosent in die kontraktereg is. Hy is ook ’n prokureur van die Hoë Hof van Suid-Afrika.
The specification in this catalogue, including without limitation price, format, extent, number of illustrations, and month of publication, was as accurate as possible at the time the catalogue was compiled. Due to contractual restrictions, we reserve the right not to supply certain territories.