Schools

Reading Schemes – Storieboom

Oxford Storieboom is 'n opwindende leesreeks vir Graad 1 tot 4. 'n Holistiese taalbenadering word gevolg met die fokus op die storie self. Hierdie benadering is gebaseer op die uitgangspunt dat selfs kinders wat nie gereed is om simbole te interpreteer nie, die vermoë het om ’n storie te interpreteer en oor te vertel. Hierdie reeks is buigsaam, dus kan opvoeders materiaal kies wat by hulle leerders se vermoëns pas.

Wat maak Oxford Storieboom so spesiaal?

  • Die mees omvattende leesprogram beskikbaar in Afrikaans
  • Kleurvolle, moderne en multikulturele karakters
  • Elke boek bestaan uit 'n volledige storie - geen vervelige herhaling nie
  • Bykomende materiaal vir die stadiger leser

Die materiale is in Suid-Afrikaans klaskamers getoets.

View Basket | Checkout