| Go | Help |


The Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans School Dictionary has been nominated as one of the finalists for the prestigious ATKV Word Wise award.
Published in January 2007, this dictionary has made an impression on the people it was created for – learners of English or Afrikaans in grades 4 to 12, their teachers and their parents.
The dictionary will be assessed for its impact: whether it has made a unique contribution to the Afrikaans language and by implication, multilingualism in South Africa.
The Word Wise award also acknowledges those who work behind the scenes or words, so to speak. Simultaneously the average language user is made aware of how essential and indispensable a high-quality dictionary like this is.
Being nominated is no mean feat as previous winners include the multi-volume Woordeboek van die Afrikaanse Taal, an Afrikaans-Japanese dictionary and two dictionaries focusing on township slang and tsotsitaal.
The Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans School Dictionary was developed by a dedicated and talented team of bilingual mother-tongue speakers of Afrikaans and of English. They were guided by five key concerns:
In her best-seller Eats, Shoots & Leaves, author Lynne Truss turned the world of punctuation on its head by simply taking a fresh approach. In the same vein, the Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans School Dictionary is a worthy ATKV Word Wise finalist, as it has taken a fresh approach to bilingual school dictionaries. The awards will take place in August.
The dictionary is currently available in paperback from leading bookshops at a recommended retail price of R99.95.
Editorial contact:
Megan Hall
Publishing Manager: Dictionaries
megan.hall@oup.com
Tel +27 (0)21 596 2300
Fax +27 (0)21 596 1234
www.oxford.co.za
Sales and Marketing contact:
Amanda van der Merwe
Campaign and Marketing Manager: Schools
Amanda.vanderMerwe@oup.com
Tel +27 (0)21 596 2300
Fax +27 (0)21 596 1234
www.oxford.co.za
Gewilde tweetalige skoolwoordeboek genomineer vir ATKV-Woordwystoekenning
Die Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek is genomineer as een van die finaliste vir die toonaangewende ATKV-Woordwystoekenning. Hierdie woordeboek wat in Januarie 2007 gepubliseer is, het 'n indruk gemaak op die mense waarvoor dit geskep is – leerders van Engels of Afrikaans in Graad 4 tot 12, hulle onderwysers en ouers.
Die woordeboek sal beoordeel word op grond van die impak wat dit reeds gemaak het: of dit ‘n unieke bydrae tot die Afrikaanse taal en, by implikasie, veeltaligheid in Suid-Afrika gelewer het. Die Woordwystoekenning gee ook erkenning aan diegene wat agter die skerms of woorde werk, by wyse van spreke. Terselfdertyd word die deursnee-taalgebruiker bewus gemaak van presies hoe noodsaaklik en onontbeerlik ‘n woordeboek van hierdie kaliber is.
Om genomineer te word, is geen geringe prestasie nie, aangesien vorige wenners die meerdelige Woordeboek van die Afrikaanse Taal, ʼn Afrikaans-Japannese woordeboek en twee woordeboeke wat "township"-sleng en tsotsitaal dek, insluit.
Die Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek is deur ʼn toegewyde en talentvolle span tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels ontwikkel. Hulle het hulle deur vyf belangrike oorwegings laat lei:
In haar trefferboek, Eats, Shoots & Leaves, het die skrywer, Lynne Truss, met haar verfrissend nuwe benadering die wêreld van punktuasie omgekeer. Die Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek is in dieselfde trant ʼn waardige ATKV-Woordwysfinalis, weens die vars benadering tot tweetalige skoolwoordeboeke wat daarin vergestalt is.
Die toekennings sal in Augustus plaasvind.
Die woordeboek is tans in sagteband by die voorste boekwinkels beskikbaar teen ‘n aanbevole kleinhandelsprys van R99.95.
Redaksionele Kontakpersoon:
Megan Hall
Uitgewersbestuurder: Woordeboeke
megan.hall@oup.com
Tel +27 (0)21 596 2300
Faks +27 (0)21 596 1234
www.oxford.co.za
Verkoops- en Bemarkingskontakpersoon:
Amanda van der Merwe
Bemarkingsbestuurder: Skole
Amanda.vanderMerwe@oup.com
Tel +27 (0)21 596 2300
Faks +27 (0)21 596 1234
www.oxford.co.za